Trustfonds spits hom toe op landelike beveiliging, ondanks uitdagings

Alles word nou in die stryd gewerp om die Agri Securitas Trustfonds, wat in 1999 gestig is, se geldkoffers aan te vul. Die fonds bied geldelike ondersteuning aan veiligheidsprojekte op distriksvlak oor Suid-Afrika heen. Voorsitter van die Agri Securitas Trustfonds, Kiewiet Ferreira, sê alle aansoeke deur landbouverenigings om hulp ten opsigte van die beveiliging van gebiede, is vir eers opsy gesit omdat die fonds bykans uitgeput is.

Ferreira sê daar word wel ’n groot poging aangewend om geld in te samel, sienend dat die Agri Securitas Trustfonds hoofsaaklik op donasies aangewese is. “Groot maatskappye het ons in die verlede ondersteun en ons het altyd drie tot vier gholfdae ’n jaar gehou om geld in te samel.” Die Covid-19-pandemie het egter daartoe gelei dat hierdie geldinsamelingsprojekte sedert verlede jaar nie kon plaasvind nie. Hy sê daar is boonop talle maatskappye wat hul deure gesluit het weens die pandemie se uitwerking op die ekonomie.

“Ons het ’n redelike groot fonds deur die jare opgebou, maar dit is nou amper uitgeput.” Ferreira sê daar is geldreserwes beskikbaar, maar hulle wil dit nie opgebruik nie. Fondswerwers is egter al die afgelope ses maande hard aan die werk, terwyl ander pogings ook aangewend word om die geldkoffers aan te vul.

Ferreira sê die Agri Securitas Trustfonds se doelwit was uit die staanspoor om hulpmiddels te mobiliseer en te kanaliseer vir die beveiliging van plaaslike landelike inwoners. Hierdie veiligheidsondersteuning sluit die finansiering van goedgekeurde projekte en inligtingstukke in.

Verder sê hy die trustfonds is destyds deur wyle president Nelson Mandela ondersteun. Sedertdien is geld jaarliks bewillig en deur Agri SA se strukture beskikbaar gestel.

Kliek hier om volledige berig te lees.

Previous
Previous

Wear your #BakkieArm and support Agri Securitas

Next
Next

TOGETHER PROTECTING FARMING COMMUNITIES