Luister: Mandela was vriend en erepresident van Agri Securitas

Oudpres. Nelson Mandela het 'n sleutelrol gespeel in die stigting van Agri Securitas en was 'n erepresident van dié trustfonds om plaasaanvalle en –moorde hok te slaan en slagoffers by te staan.

Die trustfonds se voorsitter, Japie Grobler, sê met die aanbreek van die nuwe politieke bedeling is 'n veiligheidspitsberaad gehou weens die talle plaasaanvalle en –moorde in die land. Die destydse Suid-Afrikaanse Landbou-unie, nou Agri SA, het gereeld met Mandela gesprekke gevoer en ook met hom oor die veiligheidsituasie op die platteland en op plase gesels. Só het die trustfonds tot stand gekom.

Mandela was ook die gasspreker op die bekendstellingsbanket op 24 Februarie 1999.

Grobler het vanoggend in 'n huldeblyk aan Mandela gesê die oudpresident was 'n waardige mens, maar glad nie aanstellerig nie. Hy het sy erns in mense en in ook in die boere van die land sonder enige geveinsdheid gewys.

Luister hier.

Previous
Previous

Video: Agri Securitas