Agri Securitas Trustfonds bewillig geld vir veiligheidskameras

Agri SA bly toegewyd tot landelike veiligheid met meer as R1,5-mijoen wat aan 12 landbouverenigings oor die land heen bewillig is.

Dié geld gaan hoofsaaklik gebruik word om ‘n netwerk van veiligheidskameras in verskillende streke op toegangsroetes in plek te stel.  Japie Grobler, voorsitter van dié organisasie se Agri Securitas Trustfonds, sê misdaad in landelike gebiede, wat veediefstal insluit, bly ‘n toenemende probleem vir talle produsente in Suid-Afrika. Dié skenking dra by tot boere en plaaswerkers se veiligheid in ‘n poging om voeselsekerheid te beskerm.  

Geld is aan landbouverenigings in onder meer die Noord-Kaap, Noordwes, Limpopo en die Wes-Kaap geskenk om veiligheidstoerusting aan te koop. Hy sê egter dié fonds steun op geldelike bydraes deur die korporatiewe- en private sektor en benodig nóg meer geld sodat daar voortgegaan kan word met die styrd teen landelike misdaad.) OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met Grobler gepraat…  

Luister hier.

Previous
Previous

Increase in crime poses threat to agriculture

Next
Next

Kyk: Agri Securitas beskerm die boerderygemeenskap sedert ‘99